Oorsaak van stygende kankergevalle onder die loepAugust 12, 2024

Die Kankervereniging van Namibië onthul in ‘n verslag ‘n kommerwekkende jaarlikse toename in nuwe kankerdiagnose. Volgens die vereniging se kankerregistrateur en pasiënt-ondersteuningsbeampte, Tareeku Tjiriange, is daar die afgelope twee jaar 4 876 pasiënte vir verskeie soorte kanker opgeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof, Rolf Hansen van die Kankervereniging gepraat wat die moontlike oorsaak van die hoë gevalle gee.