Parlementstuine is reeds sewe jaar vir ‘opknapping’ gesluitAugust 14, 2024
Die Nasionale Vergadering het die sluiting van die gewilde parlementstuine in 2017 aangekondig vir rehabilitasie. Dit is nou sewe jaar later en die tuine is steeds nie oop vir die publiek nie, wat navrae oor hul heropening laat onstaan. Sakeus Kadhikwa, die woordvoerder van die parlement, sê die tuine word onderhou en opgegradeer deur die werke-ministerie, en sal heropen sodra die opgraderings voltooi is.
Die werke-ministerie het onlangs gesê hulle werk aan die toilette.