LGBT-gemeenskap vies vir Mudge se RepublikeineAugust 24, 2024

Die bekende LGBT-aktivis Omar van Reenen sê hy is diep teleurgesteld in die Republikeinse Party se manifes wat Namibië ‘n Christen-staat wil maak. Volgens Van Reenen wil die party godsdienstige ekstremisme gebruik en die Grondwet wysig, om die land as ‘n sekulêre staat uit te wis. Die party beywer ook om die doodstraf terug te bring en Van Reenen sê dit sal gebruik word om diegene wat aborsies uitgevoer het en wat in ‘n selfdegeslaghuwelik is, te vervolg. Die party is gekant teen enige selfdegeslag huwelike en LGBT-regte.