WGO mik om 90% van Gaza se kinders te entAugust 30, 2024

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Israel en Hamas het ingestem om gevegte in Gaza tydelik te staak sodat inenting van kinders teen polio gedoen kan word. Die veldtog, wat Sondag begin, mik na die inenting van sowat 540 000 kinders oral in die Gaza-strook. ‘n Tien-maande-oue baba is gedeeltelik verlam na sy die eerste polio-geval in Gaza in 25 jaar geword het. Michael Ryan van die WGO sê hulle gaan probeer om 90-persent van alle kinders in die Gaza-strook in te ent: