Guterres vra vir ‘n einde aan Wesoewer-geweldAugust 30, 2024
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres sê die jongste gebeure in die Wesoewer, insluitend Israel se voortgesette aanvalle, is kommerwekkend. Minstens 17 Palestyne is die week deur Israelse magte in klopjagte in die Wesoewer gedood. Guterres het ‘n beroep op Israel gedoen om onmiddellik sy optrede te staak. Hy sê dit vererger ‘n reeds plofbare situasie en ondermyn die Palestynse Owerheid verder. Hy het die Israelse weermag versoek om sy verantwoordelikhede ingevolge internasionale humanitêre reg na te kom.