Koste van mediese eise stygAugust 30, 2024
Namfisa sê dat mediese fondse 1,24 miljard Namibiese dollar se eise gedurende die eerste kwartaal van 2024 uitbetaal het. Volgens die owerheid se jongste verslag het gesondheidsorguitgawes ‘n 12 persent toename vanaf die vorige kwartaal getoon hoewel dit op ‘n jaargrondslag met 2,5 persent afgeneem het. ’n Kombinasie van lede se eisegedrag, prysbepaling van gesondheidsorgdienste en produkte, en die beskikbaarheid van nuwe voordele gedurende die kwartaal onder oorsig het gelei tot die kwartaallikse groei van die bedryf se eise-uitgawes, volgens Namfisa. Nie-gesondheidsorguitgawes het 138,9 miljoen dollar beloop, wat ‘n afname van 2,8 persent vanaf die vorige kwartaal toon. Dit bestaan uit administrasiekoste, bedryfsuitgawes en meer.