Aanlyn-bedrogspul met Springbok-winkelAugust 30, 2024

SA Rugby het ‘n dringende waarskuwing uitgereik aan aanlyn-kopers wat gevaar loop om ingeloop te word deur skelms wat voorgee dis die amptelike Springbok-winkel op sosialemediakanale. Dosyne bedrieërs is nou bedrywig op Instagram, Facebook en ander platforms en gebruik egte Springbok-beelde en geloofwaardige winkelname om voordeel te trek uit Springbokkoors. Daar is net een aanlyn Springbokwinkel met toegang tot amptelike klerasie en gelisensieerde ondersteunersitems waar bestellings en aflewerings gewaarborg word. Dit is te vinde by www.sarugbyshop.co.za