Reuse-bedrae geëis by mosiehofAugust 30, 2024
Die mosiehof-rol was nie groot nie met 78 aansoeke om verstekvonnisse waarvan tien op die reël 108-rol was, maar die bedrae is baie hoog. Banke het 40 aansoeke tydens die sessies, wat deur regters Collins Parker en George Coleman hanteer is, gebring. ‘n Totaal van 19 eiendomme met uitstaande skuld van 26 miljoen Namibiese dollar word teruggeëis. Daar is ook 21 lenings met ‘n skuldlas van 4,8 miljoen dollar wat betaalbaar is. Maandag het ook twee sessies vir onverdedigde egskeidings en regter Thomas Masuku en Kobus Miller sal 92 sake hanteer.