Telecom wil verkope van tweedehandse koper verbiedAugust 30, 2024
Telecom Namibia se uitvoerende hoof, Stanley Shanapinda, het aangekondig dat samesprekings aan die gang is om die tweedehandse handel in koper te verbied en om strenger strawwe vir verwante oortredings, insluitend hoër boetes en langer tronkstraf in te stel vir koperdiefstal. The Villager berig dat hy saam met die justisie-ministerie en polisie werk om die toenemende probleem te bekamp. Volgens Shanapinda kan koperdiefstal na ‘n geringe misdaad lyk, maar dit het beduidende implikasies vir noodsaaklike infrastruktuur.