Padveldtog skop in Khomas-streek afAugust 30, 2024
Die Motorvoertuigongelukkefonds van Namibië het ‘n weeklange padveldtog met verskeie rolspelers in die bedryf geloods. Die veldtog word net in die Khomas-streek gehou aangesien die meeste padongelukke in die streek aangeteken word. Sowat 2 000 voertuie en padgebruikers sal tydens die veldtog nagegaan word. Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming, is aan die woord.