Pogings om van gryslys te kom vorder goedAugust 30, 2024

Namibië is op 23 Februarie vanjaar op die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys geplaas. Die land is twee jaar gegee om sekere swakhede aan te spreek om eskalasie na die swartlys te vermy. ‘n Nasionale Fokuskomitee is saamgestel om die regstellende maatreëls te lei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bryan Eiseb, die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, wat ‘n opdatering gee oor hul vordering.