Amushelelo se grondwetlikheid-uitdaging val platAugust 30, 2024
Michael Amushelelo se aansoek om dele van die Strafproseswet en die Bankinstellingswet ongrondwetlik te laat verklaar, is in die Windhoekse hoërhof van die hand gewys. Die aansoek is gebring deur Amushelelo, sy medebeskuldigde in ‘n hangende bedrogsaak, Gregory Cloete, en die egpaar Manga Nawa-Mukena en Joseph Mukena, wat ook teregstaan op bedrogklagte. Hulle wou hê die hof moes die deel wat aan polisiebeamptes magtiging gee om kennisgewings aan instansies uit te reik om persoonlike inligting oor verdagtes in ‘n kriminele saak te kry, as ongrondwetlik verklaar. Regters Hosea Angula, Nate Ndauendapo en Thomas Masuku het die saak hanteer.