Tweedehandse koperhandel straks verbiedAugust 30, 2024
Telecom Namibië se uitvoerende hoof, Stanley Shanapinda, het aangekondig dat samesprekings aan die gang is om die tweedehandse handel in koper te verbied en om strenger strawwe vir verwante oortredings op te lê. Dit sal hoër boetes en langer tronkstraf insluit. Dit is in ‘n poging om kabeldiefstal hok te slaan. Shanapinda het aan die media verduidelik dat die maatskappy ook onderneem om vesel-dienste landwyud uit te brei om die kwessie verder te bekamp.