Brandstofpryse daal skerp in SeptemberAugust 30, 2024

Die energie-ministerie het aangekondig dat die petrolprys in September met 120 sent sal daal. Die prys van diesel in altwee kategorieë sal met 110 sent per liter daal. Dit tree ‘n minuut na middernag op Woensdag, 4 September in werking. Die verlagings is weens ‘n lae olieprys en ‘n sterker Namibiese dollar. Stella-Maris Amadhila, ‘n ekonoom by die ministerie, verduidelik.