Vier beroepsopleidingsentrums word nou TVET-kollegesAugust 31, 2024

Die Namibië Opleidingsowerheid sê hy is besig om vier beroepsopleidingsentrums in staatsbesit op te gradeer na tegniese beroepsonderwys- en opleidingskolleges. Dit is om die leemte te vul wat NUST gelaat het toe dit universiteitstatus gekry het, en om te voldoen in die vraag na vaardighede vir opkomende nywerhede. Die owerheid se uitvoerende hoof, Erick Fundula Nenghwanya, sê die opgradering van bestaande instellings kan ‘n deurslaggewende rol speel om vaardigheidsgapings in die ekonomie aan te spreek deur opleiding in gebiede met hoë aanvraag te verskaf. Meer studente sal ingeneem kan word, die kwaliteit van TVET-programme sal verbeter word en tegniese onderwysersopleiding sal ontwikkel word.