Man U takel Mourinho se Fenerbahce in Europa-ligaAugust 31, 2024
Sokker: Manchester United is op pad na die Turkse reuse, Fenerbache, wat nou deur José Mourinho afgerig word. Dis een van die agt wedstryde in die ligafase van die nuut-aangepaste Europa-liga. Die manne van Old Trafford het die Europa-liga in 2017 gewen met Mourinho as afrigter. Hy het onlangs Fenerbache begin afrig wat in die derde kwalifiserende ronde van die Kampioeneliga uitgeskakel is. United speel ook tuis teen die naaswenners van die Europa-liga, Rangers, en dan in Portugal teen Porto, nog een van Mourinho se ou spanne.