SA politieke partye verklaar skenkings van R189 miljoenAugust 31, 2024

Politieke partye het skenkings verklaar van byna 190-miljoen Suid-Afrikaanse rand tussen April en Junie vanjaar, wat die meeste in ‘n kwartaal is sedert partybefondsingsregulasies in April 2021 van krag geword het. Dit was in die aanloop tot die verkiesing van 29 Mei. Die DA het meer as 56-miljoen-rand gekry, met die ANC wat net meer as 26-miljoen-rand verklaar het. Die Wysigingswetsontwerp op Verkiesingsake het op 8 Mei in werking getree en het die drempel en perk geskrap wat partye van een skenker kan kry. Die Nasionale Partyskakelingskomitee het egter ingestem alle partye sal steeds hulle skenkings soos tevore verklaar.