Ondersoek gelas na onwettige luiperdjag in OmahekeSeptember 3, 2024
Gemeenskapslede in Otjombinde, Donkerbos in die Omaheke-streek, het ‘n luiperd doodgemaak wat hulle as ‘n probleemdier geïdentifiseer het. Die voorval het Maandag plaasgevind. Dit is teenstrydig met die wet. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda gepraat. Hy sê ‘n ondersoek is gelas.