Haka sal Saterdag in die Kaap gerespekteer wordSeptember 4, 2024

SA Rugby beloof daar sal nie weer tydens Saterdag se Rugbykampioenskapstoets tussen die Springbokke en die All Blacks in Kaapstad ʼn geraas tydens die haka wees nie. Nieu-Seeland Rugby het SA Rugby se verskoning aanvaar vir die harde musiek, vuurwerke en ʼn passasiersvliegtuig oor Ellispark terwyl die Kiwi’s verlede naweek hulle tradisionele oorlogsdans uitgevoer het. Die oorsprong van die haka dateer terug tot die All Blacks se toer deur Europa in 1905. Hulpafrigter, Jason Ryan, sê die Bokke het, soos altyd, die uitdaging gerespekteer.