Beleid, struktuur moet verander vir werkskeppingSeptember 4, 2024
Die ekonoom Robin Sherbourne het Namibië se gebrek aan doeltreffende beleide vir werkskepping gekritiseer en sê dat opkomende nywerhede soos groenwaterstof, olie en gas waarskynlik nie noemenswaardige werksgeleenthede sal genereer nie. Hy sê klein en medium ondernemings is noodsaaklik vir werkskepping, maar word nie voldoende ondersteun binne die beleidsraamwerk nie. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die regering moet dit makliker maak vir begin-besighede, wat werk kan skep.