SA kondig groep van 15 vir vroue T20-Wêreldbeker aanSeptember 4, 2024
Die Proteas het ‘n groep van 15 vroue aangekondig vir die T20-Wêreldbekertoernooi en ‘n reeks teen Pakistan. Kaptein Laura Wolvaardt het die steun van ervare spelers soos Marizanne Kapp, Ayabonga Khaka, Suné Luus en Chloé Tryon. Die Proteas en Pakistan speel later die maand drie T20’s, en die Wêreldbekertoernooi begin op 3 Oktober in die Verenigde Arabiese Emirate. Die sameroeper van die Proteas se keurkomitee, Clinton du Preez, sê die Dolphins se bybreek-bouler, Seshnie Naidu, sal haar debuut maak.