Gru-voorval van GBV – Olimpiese-atleet deur kêrel gebrandSeptember 4, 2024
Die Ugandese Olimpiese marathon-atleet Rebecca Cheptegei veg om haar lewe nadat haar kêrel glo petrol oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek het. Cheptegei, wat 44ste geëindig het in die vrouewedloop by die Parys 2024 Spele, is in ‘n kritieke toestand. Sy het brandwonde aan meer as 75 persent van haar liggaam opgedoen in die aanval buite haar huis in Kenia. Haar aanvaller het ook aan die brand geslaan en is in ‘n hospitaal opgeneem. Cheptegei het die Wêreld Berg- en Roetehardloop Kampioenskappe in 2022 in Thailand gewen.