F1: Klagtes oor McLaren en Mercedes verwerpSeptember 4, 2024
Formule Een se beheerliggaam, die FIA, het Red Bull en Ferrari se klagtes oor die wettigheid van die voorste vlerke op die McLaren- en Mercedes-motors verwerp. Volgens die klagtes is die motors se voorste vlerke weens hul buigbaarheid nie toelaatbaar nie. Die FIA sê volgens 2024 se regulasies voldoen alle voorste vlerke tans aan die vereistes. McLaren is nou agt punte agter Red Bull op die vervaardigersranglys.