Regering moet afpersingsindikate vasvat: VF PlusSeptember 4, 2024

Die Vryheidsfront Plus sê dis tyd dat die regering sonder genade optree teen afpersingsindikate, veral in die boubedryf. Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het in die Parlement gesê die afpersers het nie net sakeondernemings nie, maar ook pensioenarisse en ontvangers van die Padongelukkefonds in hulle visier. ʼn VF Plus-woordvoerder, Heloïse Denner, sê afpersing-mafias het die land se ekonomie tot dusver sowat 68-miljard Suid-Afrikaanse rand gekos.