Derde Namibië Jeugspele gereed vir aksieSeptember 11, 2024
Die derde Namibië Jeugspele word vanaand amptelik by die Oshakati Onafhanklikheidstadion geopen. Die Namibië Sportkommissie verwag 2 600 atlete en beamptes vanuit al 14 streke. Volgens plaaslike berigte is 6,7 miljoen Namibiese dollar vir die geleentheid bewillig, wat insluit 4 miljoen dollar van die sport- en jeug-ministerie en 2,7 miljoen dollar van die Sportkommissie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Freddy Mwiya, hoofsportadministrateur by die Namibië Sportkommissie, wat meer inligting gee.