Bafana wen, maar Broos nie tevredeSeptember 11, 2024
Sokker: ‘n Doel in die doodsnikke van hul wedstryd teen Suid-Soedan het aan Bafana Bafana ‘n belangrike oorwinning van 3-2 besorg in hul Afrikabeker-kwalifiseerder in Juba. Bafana se afrigter, Hugo Broos, was nie tevrede met hul vertoning nie en glo sy span kon die wendoel reeds in die eerste helfte aangeteken het. Hy is egter bly oor die drie punte wat Suid-Afrika in sy wegwedstryd behaal het.