Steenhuisen waarsku Cyril oor Bela-wetsontwerpSeptember 11, 2024
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê indien president Cyril Ramaphosa Vrydag die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette onderteken, sal dit ‘n skending wees van die gesamentlike verklaring van voorneme deur die regering van nasionale eenheid. Hy sê die DA het dit tydens die onderhandelings duidelik gemaak dat die wetsontwerp in sy huidige vorm onaanvaarbaar is omdat dit grondwetlike gevolge inhou, onder meer oor die reg op moedertaalonderrig. Steenhuisen sê die wetsontwerp moet na die parlement terugverwys word vir wysigings.