Landbouministerie gaan nog 8 landboupersele vestigSeptember 25, 2024
Die landbouministerie sê hy sal ‘n 17,3 miljoen Namibiese dollar bydrae van Japan belê om sy voedselproduksie-inisiatief uit te brei met die vestiging van nuwe landboupersele. Landbouminister Calle Schlettwein het tydens ‘n amptelike oorhandigingseremonie by die Kuwoko Kondja-landbouterrein in Kavango-Wes gesê die projekte sal op agt terreine regoor die land geïmplementeer word. Dit sluit in Ongombo West in die Khomas-streek, Coenbelt in die Karas-streek, the Peter Nambezi boerderyprojek en Uugongo Wamupanda gemeenskapstuin in Omusati, die Omitumbirua gemeenskapstuin in Kunene en die Ngatuvatere kinderhuistuin en Kalkfeld gemeenskapstuin in Otjozondjupa.