UEFA soek gasheerstadion vir 2027 Kampioeneliga-eindstrydSeptember 25, 2024
Sokker: UEFA wag vir aansoeke om die Kampioeneliga-eindstryd in 2027 aan te bied, nadat dit by die San Siro-stadion in Milaan weggeneem is. Die Italiaanse Sokkerfederasie kon UEFA nie die versekering gee dat die werk aan die beplande herontwikkeling van die stadion nie inbreuk op die geleentheid sal maak nie. San Siro is die tuisveld van AC Milan en Inter Milan en het die Kampioeneliga-eindstryd laas in 2016 aangebied. Die 2025-eindstryd sal op 31 Mei in die Allianz Arena in München plaasvind.