Rhino Resources mag boor, bring ekonomiese inspuitingOctober 13, 2024
Die omgewingsministerie het Rhino Resources Namibia se omgewingsklaringsertifikaat goedgekeur om 10 eksplorasieboorgate aflandig Namibië se suidkus te boor. Die boorprogram sal na raming 1,8 miljard Namibiese dollar tot die plaaslike ekonomie bydra. Boorwerk sal in lisensieblok 2914A in PEL 85 plaasvind en sal na verwagting in die vierde kwartaal van vanjaar begin. Verwante eksplorasieaktiwiteite sluit in vertikale seismiese profilering en puttoetsing. Die projek sal na verwagting ‘n ekonomiese inspuiting van sowat 70 miljoen dollar per maand bring in die plaaslike ekonomieë van Lüderitz, Walvisbaai en ander gebiede waar kontrakteurs gevestig sal wees. Dit sal ‘n verskeidenheid dienste insluit, soos hotelle, verblyf, logistiek en brandstofkoste.