Vonnisoplegging vandag in Caprivi-verhoor verwagOctober 14, 2024
Vonnisoplegging word vandag verwag in die Caprivi-verhoor. Sewe mans is 20 jaar ná hul eerste hofverskyning in Julie skuldig bevind aan hoogverraad. Een van die beskuldigdes is intussen dood. Regter Petrus Unengu het bevind Progress Munuma, Shine Samuandela, Manuel Makendano, Alex Mushakwa, Frederick Ntambilwa, Hoster Ntombo en John Tembwe het hoogverraad gepleeg en onwettige wapens na Namibië gesmokkel, vuurwapens en ammunisie onwettig besit, en het Namibië se wette oor immigrasiebeheer oortree. Die saak handel oor die Caprivi-opstand op 2 Augustus 1999.