VSA stuur afweerstelsel na IsraelOctober 14, 2024
Amerika sê hy gaan ʼn gevorderde missielafweerstelsel na Israel stuur om dié land se lug-verdediging te versterk. Dit volg na Iran se ongekende aanvalle op Israel op 13 April en een Oktober vanjaar. Amerikaanse weermagpersoneel sal ontplooi word om die verdedigingstelsel te gebruik. Die Departement van Verdediging sê hierdie optrede beklemtoon Amerika se vasberadenheid om Israel en Amerikaanse burgers in Israel te verdedig teen enige verdere ballistiese-missielaanvalle deur Iran.