VK stel sanksies in teen Iranse militêre amptenare, organisasiesOctober 15, 2024
Die Verenigde Koninkryk het ʼn nuwe ronde sanksies aangekondig teen senior Iranse militêre figure en organisasies wat probeer om die Midde-Ooste te destabiliseer. Dis in reaksie op Iran se missielaanval op Israel op 1 Oktober. Die sanksies sluit ʼn reisverbod en bevriesing van bates in. Persone wat geraak word, is onder andere Iran se weermaghoof, Abdolrahim Mousavi, en sy adjunk, Mohammad-Hossein Dadras. Die Britse Buitelandse Sake-minister, David Lammy, sê hulle sal voortgaan met pogings om spanning in die gebied te verminder.