Groot beloftes in AR se manifesOctober 20, 2024

In sy manifes wat hy in Katima Mulilo in die Zambezi-streek bekendgestel het, belowe die Regstellende Herposisioneringsbeweging die instelling van geboortetoelaag vir werklose moeders vir ‘n tydperk van een jaar sowel as gratis tersiêre opleiding vir voorgraadse studies. Die beweging sê hy sal twee nuwe universiteite in tien jaar bou en vervalle sportfasiliteite regoor die land opknap. Twee nuwe sokkerstadions sal ook gebou word, met een op Kongola. Die beweging het ook beloof om Kaap Fria die land se derde hawestad te maak.