Red 4 500 vasgekeerde zama-zama’s, pleit GiwusaNovember 14, 2024
Die vakbond Giwusa eis die onmiddellike redding van onwettige mynwerkers wat ondergronds vasgekeer is in ‘n ongebruikte goudmyn in Stilfontein, Noordwes. Volgens die polisie is sowat vier-duisend-500 onwettige mynwerkers en verskeie liggame steeds ondergronds – terwyl die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en polisie toegang tot kos, water en basiese benodigdhede verhinder.. Giwusa se woordvoerder, Koketso Phasha, sê hulle erken zama-zama’s is ‘n ernstige probleem in die land se mynbousektor.