Verkiesing: Ndeitunga sê Ohangwena is gereedNovember 25, 2024

Oud-polisiehoof en goewerneur van die Ohangwena-streek, Sebastian Ndeitunga sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat alles in plek is vir ‘n vreedsame stemdag Woensdag. Hy doen ‘n beroep aan die publiek om die reëls na te kom, soos dat geen partykleure by ‘n stembus gedra mag word nie en ook reëls in verband met drankverkope.