Plaaslike akkerbou sien oplewing vir DesemberNovember 29, 2024

‘n Afname in plaaslike tuinbouproduksie as gevolg van die droogte het daartoe gelei dat die Namibiese Akkerbouraad die invoer van net ses produkte in November beperk het. In November verlede jaar was daar beperkings op 12 produkte. Emilie Abraham, die Akkerbouraad se bestuurder van tuinbouontwikkeling, het ‘n opdatering gegee en sê daar is goeie nuus vir Desember.