Oorlog beskadig meeste Oekraïnse burgerlike lughawensDecember 1, 2024

Vyftien van Oekraïne se burgerlike lughawens is beskadig sedert Rusland die land in Februarie 2022 ingeval het. Die Oekraïense eerste minister Denys Shmyhal het aan die plaaslike media gesê die land, wat 20 burgerlike lughawens het, het maniere ondersoek om sy lugruim deels te heropen. Dit is sedert die begin van die oorlog heeltemal gesluit. Oekraïeners wat na die buiteland wil vlieg moet tans per pad of spoor na buurlande reis om vlugte te haal. Vir diegene wat in die ooste woon kan net die reis uit Oekraïne self ‘n dag neem.