Ministerie sê oor vordering met Etosha se paaieDecember 4, 2024
Die omgewing- en toerisme-ministerie is besig om te werk aan paaie in Etosha Nasionale Park, veral die stuk tussen Okaukuejo en Namutoni, wat in ‘n swak toestand is weens swaar verkeer. Drie padskrapers is ontplooi om onmiddellike kwessies soos erge sinkplaat en slaggate aan te spreek. Hulle werk op die roetes van Halali na Namutoni, Okaukuejo na Halali, en Namutoni na Koning Nehale-hek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sebulon Chicalu, die direkteur van toerisme, wat meer inligting gee.