Gibson se riller spring na nommer eenJanuary 27, 2025
Mel Gibson se eerste fliek as regisseur sedert 2016, Flight Risk, beklee die eeste plek by die loket nadat dit dié naweek in teaters in Noord-Amerika uitgereik is. Die aksie-riller met Mark Wahlberg in die hoofrol handel oor ‘n vlieënier wat ‘n senior Lugmagoffisier en ‘n getuie na ‘n verhoor vervoer. In die tweede plek is Mufasa: the Lion King, van Disney. Sony se R-gegradeerde vriendskapskomedie, One of them Days, het teruggesak na derde plek, gevolg deur Paramount se Sonic the Hedgehog 3 en nóg ‘n Disney-fliek, Moana 2.