Bulle se Bok-flank doen ernstige kniebesering opJanuary 28, 2025

Rugby: Die Springbok-flank Elrigh Louw erken ‘n lang, onseker pad lê vir hom voor nadat hy ʼn ernstige kniebesering opgedoen het terwyl hy die afgelope naweek vir die Bulle teen die Leeus gespeel het in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die medekaptein van die Pretoriase span is na die wedstryd op Ellispark reguit hospitaal toe geneem en kort daarna geopereer. Louw beloof om terug te keer. Die Bulle se ander kaptein, Ruan Nortjé, en die losskakel Johan Goosen het ook knieprobleme.