SA se BBP groei net 0,6% in vierde kwartaal 2024March 5, 2025
Die DA sê die vierde kwartaal van 2024 se swak groei van 0,6-percent in bruto binnelandse produk is ʼn waarskuwing dat die land se ekonomie verder sal verswak tensy drasties opgetree word. Statistiek Suid-Afrika skryf die groei onder andere toe aan ʼn toename van 17,2-persent in die landbou-, bosbou- en vissery-bedryf. Mark Burke van die DA sê die ekonomie is ongetwyfeld in ʼn krisis, dit groei nie en werksgeleenthede bly skaars.