Kolisi, Nché terug vir Haaie teen LeeusMarch 7, 2025

Rugby: Springbokkaptein Siya Kolisi en die loskopstut Ox Nché is terug in die Haaie se opdrafspan vir môre se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd in Durban. Emile van Heerden het ook herstel van ‘n besering. Lappies Labuschagne vervang die beseerde Vincent Tshituka en Henry Immelman maak sy buiging op heelagter. Grant Williams en Jordan Hendrikse is die skakelpaar terwyl Francois Venter instaan vir die beseerde Lukhanyo Am. Die haker Fez Mbatha en die losvoorspeler James Venter is op die bank na hulle lank beseeer was.