BOSA dring aan op bekendmaking van seks-misdadigersMarch 8, 2025

Build One South Africa sê meer as 32 000 veroordeelde seks-misdadigers verskyn op die nasionale register vir seksmisdadigers, met duisende sake wat nog beslis moet word. Justisiemminister Mmamoloko Kubayi het die syfers bekendgemaak na aanleiding van ‘n parlementêre vraag van die party. BOSA woordvoerder, Roger Solomons, voer aan dat die bekendmaking van die identiteit van seksmisdadigers noodsaaklik is vir die veiligheid van die publiek, veral gesien in die lig van die groot aantal gevalle van geslagsgebaseerde geweld.