Waninligting vier hooggety tydens ’24-stemmery, sê IPPRJune 17, 2025

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het die impak van waninligting op die2024-verkiesings ondersoek. Die instituut sê dit het algemeen voorgekom veral op WhatsApp en dat TikTok vir die eerste keer as ‘n beduidende platform vir verkiesingsverwante inhoud na vore gekom het. Smeerveldtogte het alle partye geteiken en is selfs deur buitelandse figure geskep. Sommige van die berigte was uiters professioneel ontwerp en is versprei deur streeks- en internasionale media. Die instituut sê verkiesingsowerhede was nie voorbereid om te reageer op die volume en kompleksiteit van die waninligting wat verkiesingsprosesse geteiken het nie.