Niks verdag aan sekuriteitstender, sê Namdia July 6, 2025
Namdia sê die opgradering van veiligheid ná ‘n gewapende roof in Januarie het aan die vereistes van Namibië se verkrygingswet voldoen. Namdia het Saterdag in ‘n verklaring beweringe van ongeruimdhede met dié verkryging deur die parlementariër Job Amupanda ontken. Die SOE wou om veiligheidsredes nie besonderhede oor die opgraderingsmaatreëls verskaf nie, maar het gesê die wet maak voorsiening vir ‘n noodverkrygingsproses. Ses verdagtes is in verband met die roof inhegtenis geneem, waarin twee mense dood is. Meer as 270 miljoen Namibiese dollar se diamante word steeds vermis.