Moontlike promotor gekies vir SA se F1 Grand Prix-bodJuly 8, 2025
Motorsport: Suid-Afrika se Formule Een-reëlingskomitee het die keuse van ‘n moontlike promotor afgehandel terwyl die land sy bod voorberei vir sy eerste Grand Prix sedert 1993. Die komitee sê die keuse is gemaak na ‘n gestruktureerde en regverdige veelfasige proses. Een van die vereistes vir suksesvolle registrasie was ‘n volledig-terugbetaalbare deposito van tien-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die aangewese promotor kan nie bekend gemaak word nie, aangesien verskeie prosesse en verpligtinge nog nagekom moet word.