Wimbledon se uitbreiding draai in die hofJuly 9, 2025
Die beplande uitbreiding van die Wimbledon-kompleks word tans in ‘n hofsaak in Londen beveg. Die groep Save Wimbledon Park doen regstappe nadat die All England Club beplanningstoestemming gekry het om die hoofterrein te verdriedubbel teen ‘n geraamde koste van 4,8 miljard Namibiese dollar. Dit sal 39 nuwe bane insluit en sal die daaglikse toeskouertal van 42 000 na 50 000 vermeerder. Die klub wil sy ou gholfbaan herontwikkel, maar teenstanders sê die klub ignoreer beperkings op herontwikkeling wat in 1993 ooreengekom is.