Parlementêre herrie: Het sy gevloek of nie?July 10, 2025

Die Nasionale Vergadering het ‘n ondersoek van stapel gestuur teen Sophia Shaningwa wat blykbaar F-jou gesê het aan ‘n LP van die opposisie tydens ‘n die sitting. Die speaker, Saara Kuukongelwa-Amadila het bevestig dat sy wag op die Hansard-verslag, wat transkripsies van parlementêre debat bevat, met direkte uitsprake. Die aantyging is deur die Huis se IPC-leier Imms Nashinge gemaak en Shangingwa het dit ontken.