Voël red ‘n vrou se leweJuly 10, 2025
Toe Sandie Gillard uit ‘n venster van die tweede verdieping val, het die impak haar bewusteloos gelaat, ‘n toestand wat dalk permanent sou geword het as nie vir die ingryping van ‘n baie klein, baie onwaarskynlike held was nie.
’n Voël met die naam Jellybean het liggies op haar kop getik met sy snawel en sy voormalige versorger wakker gemaak dat sy haar man kon bel, wat betyds opgedaag het om nooddienste te bel en haar lewe te red. Die dokters het later vir haar gesê as sy langer in daardie toestand gelê het, sou sy nie vandag hier wees nie.
Drie jaar voor haar ongeluk is ‘n baba ekster (magpie), later Jellybean gedoop, na haar huis gebring nadat hy uit ‘n boom geval het. Sy het na die voël omgesien tot hy sterk genoeg was om weer vrygelaat te word. En hier het die klein held haar lewe weer drie jaar later kom red.

Foto: Verskaf